🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek
❤️ Samewerking Borg AvSA →
Terug na Tuis Alle artikels
Die land is nie in sy moer nie – maar ons kan hom daantoe praat

Die land is nie in sy moer nie – maar ons kan hom daantoe praat

Ek het dit nie net op een plek gehoor nie, en ek hoor dit nog steeds. Dis ‘n giftige frase, op die oog af waar en sommer net lekker eerlik.

Maar die gif is soos goeie gif: dit wérk.

Die frase?

‘Die land is in sy moer.’

Soos baie beskrywende frases, werk dit briljant en heavy effektief in verskillende kontekste.

‘Ek het amper deur ‘n pothole gery! Die land is…’

(Sien jy, ek probeer darem om dit nie onnodig te herhaal nie.)

‘Daar is alweer nie water nie. Die land is…’

‘Wanneer gaan iemand nou eendag tronk toe vir korrupsie? Die land is…’

So kan mens aangaan en aangaan.

Nou kyk, ek is lankal verby die punt waar ek probeer om enigiemand te herinner dat elke land (en mens) sy eie probleme het. Ek sukkel ook nog steeds om te probeer uitfigure wat Finland s’n is, maar dis seker maar dat dit ontsettend vroeg donker word in die winter.

Die lekker ding van Suid-Afrika is dat ons eintlik mos nogal weet wat ons probleme is. Ek hoef nie een woord daaroor te skryf nie, die nuusmense doen dit klaar bitter goed.

Ons. Weet.

Wat my egter pla van die hardnekkige frase (‘Die land is…’) is dat dit in werklikheid soos net nog ‘n dief operate.

Dit steel vreugde

Dit steel hoop.

Dit steel geleenthede.

Dit steel visie.

Dit steel energie.

Dit steel oplossings.

Dit steel.

Die ander ding – waaraan ons egter nie genoeg dink nie – is dat die frase gebruik word om as ‘n emosionele uitlaatklep te dien. Almal van ons is heel gereeld gatvol (toevallig die teenoorgestelde van ‘pothole’) en ons MOET daarmee cope.

Daarom help dit ‘n klein bietjie om te sê ‘Die land is…’

Maar wat die kragtige klein frase ook doen, is om kompleksiteit te beskryf. Baie indirek, dalk, maar tog.

En kompleksiteit is ‘n gawe. Daar kom nie groei (of die t-woord – transformasie) sonder kompleksiteit nie. (Dankie Roedolf Botha vir die reminder laasweek.)

As jy lekker met kompleksiteit stoei – verkieslik saam met ander – kom jy by ‘n beter plek uit as waar jy voorheen was, vind jy nuwe oplossings vir ou probleme en kry jy die insig wat jy so nodig gehad het. Nie net jy alleen nie: julle saam.

So van nou af, elke keer wanneer ek dink (of hoor) dat die land in sy moer is, gaan ek aan oplossings dink.

Aan lékker transformasie.

Aan groei en nuwe lewe.

Die beste ding? Niemand kan dit by my steel nie. Daarvoor gaan ek sorg.

Lekker naweek en mag die Bokke hoog vlieg.

RS

👍 1 ❤️ 1
Riku Lätti
Die land is moerse
05 Sep, 16:42
Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗
🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek