🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek
❤️ Samewerking Borg AvSA →
Terug na Tuis Alle artikels
Hoekom hou die VSA homself met ‘n terroriste staat soos Israel op?

Hoekom hou die VSA homself met ‘n terroriste staat soos Israel op?

Wie stuur wie? Die ware magspel agter Amerika en Israel se alliansie


In wese is die verhouding tussen die VSA en Israel nie een van beheer nie, maar ‘n strategiese verhouding. Ek wil die verhouding amper beskryf as een waar Amerika vir israel as sy “proxie” in die Midde Ooste gebruik. Vir dekades funksioneer Israel as ’n kritieke Amerikaanse vennoot in ’n onstabiele streek, en bied Israel militêre, intelligensie- en tegnologiese voordele wat min ander bondgenote kan ewenaar.

Vanuit Washington se perspektief is Israel nie bloot ’n ontvanger van steun nie, maar ’n “magsvermenigvuldiger” - ’n land wat in staat is om mag te projekteer, teenstanders te beveg en om sodoende Amerikaanse belange te stabiliseer, dit alles sonder dat Amerika wéér grootskaalse ontplooiing van troepe moet doen soos in Afganistan.

Hierdie strategiese logika word veral sigbaar in die konteks van Iran. Albei lande beskou Iran as ’n sentrale streeksbedreiging, alhoewel Amerika Iran ook sien as ‘n gevaar vir wêreldsekuriteit. Israeliese leiers, insluitend mense soos Benjamin Netanyahu, het konsekwent gepleit vir ’n meer aggressiewe benadering t.o.v. Iran, insluitend voorkomende aanvalle en druk op regeringsvlak. Tog wil dit voorkom of Amerika onder druk van binne groter sensitiwiteit begin opbou vir globale ekonomiese gevolge, risiko’s van eskalasie en die bestuur van alliansies. Hierdie verskille onderstreep ’n kernpunt: vennootskap beteken nie ondergeskiktheid nie.

Binnelandse politiek in die VSA het die prentjie vir Trump gekompliseer. Steun vir Israel is een van die min blywende sake waaroor die Republikeine en Demokrate nog saamstem en dit in ’n andersins gepolariseerde politieke stelsel. Belangegroepe soos AIPAC, saam met invloedryke groepe soos die evangeliese Christene en dele van die Joods-Amerikaanse gemeenskap, help om hierdie steun te handhaaf. Hul invloed funksioneer binne die breër ekosisteem van Amerikaanse lobby-werk en verkiesingspolitiek en vorm beleidsvoorkeure.

Terselfdertyd het Israel ’n vermoë getoon om hierdie omgewing doeltreffend te benut. Deur diplomatieke betrokkenheid, die deel van intelligensie met Amerika en konsekwente waarskuwings oor gedeelde bedreigings, slaag Israel daarin om Amerikaanse beleid nader aan hul eie veiligheidsprioriteite te bring. Die aanloop tot konfrontasies met Iran illustreer hierdie dinamiek: Israeliese druk, gekombineer met strategiese argumente, het Washington in ’n meer konfronterende rigting gestoot as wat dit andersins sou kies.

Daar is egter duidelike perke aan hierdie invloed. Amerika behou uiteindelike beheer oor hul militêre besluite, befondsing en diplomatieke beleid. Oomblikke van spanning - soos Amerikaanse huiwering om sekere ekonomiese infrastruktuur te teiken of kommer oor wêreldwye oliemarkte - wys dat Washington se prioriteite wel van dié van Israel kan verskil. Hierdie verskille word veral duidelik wanneer konflikte dreig om in ‘n breër streeks- of globale krisis te ontaard.

Persepsies van Israeliese “beheer” word tydens die oorlog teen Iran versterk, wanneer Amerikaanse baie duidelik sigbaar is en boonop skynbaar onvoorwaardelik is. Toenemende oorlogsmoegheid onder Amerikaanse kiesers, verskuiwende openbare mening oor Trump se Midde-Oosterse beleid en die enorme ekonomiese koste van ‘n langdurige konflik plaas nuwe druk op Amerikaanse besluitneming. Hierdie faktore kan mettertyd die balans binne die VSA-Israeli-alliansie herkalibreer, selfs al verander dit nie die fundamentele beginsels daarvan nie.

So, die antwoord op die vraag wat by die inleiding gevra is, lê in die diep interafhanklike verhouding tussen die VSA en Israel en waarin Israel wel ook invloed uitoefen - soms beduidend - maar altyd binne die breër perke wat Amerikaanse magsbelange en politieke wil daarop plaas.

In daardie sin sien ons waarom Amerika voortgaan om hul vennootskap met Israel as die moeite werd beskou - selfs wanneer die prys wat betaal word beteken dat Washington betrokke raak by een van die mees onvoorspelbare konflikte in die Midde-Ooste.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗
🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek