Terwyl dit die Trompiebende so grief as mens van hom praat is dit tog nodig om hulle af en toe weer te herinner wie is die beginselvaste man eintlik waaroor hulle so swymel.
In die mate wat Trump Maandag by sy inhuldiging oor geloof praat, is dit hoofsaaklik geloof in sy eie vermoëns skryf Koos van Noppen van die Nederlandse Dagblad tereg in ʼn meningstuk oor Trump.
Amerika is 'n land wat maklik 'God' spreek maar mens moet jou maar self afvra hoe ernstig moet mens dit opneem wanneer dit uit Trump se mond kom.
“Ons sal ons God nie vergeet nie. Ons kan dit nie doen nie” het hy weer Maandag van hom laat hoor.
"Ek is deur God gered om Amerika weer groot te maak," het hy onder dawerende applous gesê toe hy praat oor die mislukte aanslag op sy lewe in Julie verlede jaar. Hy sê dit nog nie, maar dit is duidelik uit sy eerste toespraak dat hy homself 'n messiaanse rol toeskryf, skryf Noppen.
"My grootste nalatenskap sal wees om 'n vredemaker te wees en eenheid na die land te bring," belowe hy. "Ek sal vir jou veg en wen."
Die nuwe president belowe verder om die "verval van Amerika" te stop en dit 'n land te maak wat almal weer sal respekteer, "selfs diegene met verskillende oortuigings."
Kort voor dit het hy die eed afgelê. Volgens protokol word dit gedoen met die regterhand omhoog, terwyl die linkerhand op die Bybel rus. Trump het selfs twee Bybels by hom gehad, Melania het dit gereed gehou, maar hy het nie daaraan geraak nie, wat dadelik tot gesprekke op sosiale media gelei het.
"20 Januarie sal van nou af Bevrydingsdag wees," het Trump gesê in 'n lys van eerste beleidsvoornemens, waarmee hy hoofsaaklik blykbaar 'n einde aan die Biden-era wou maak. "Amerika sal groter, sterker en meer welvarend wees as ooit tevore," belowe hy. 'Ons sal nie ons land vergeet nie. Ons sal nie ons Grondwet vergeet nie. Ons sal ons God nie vergeet nie. Ons kan dit nie doen nie.'
Evangelis Franklin Graham, seun van wyle Billy Graham, ook by die opening van die seremonie gebid "Amerika kan nooit weer groot wees as ons ons rug op U draai nie." Graham jr. het vir visepresident Vance en sy vrou Usha gebid dat hulle vir Trump sou wees “soos Aaron en Hur vir Moses in die geveg was”.
Kardinaal Timothy Dolan, aartsbiskop van New York, het vir die nuutverkose president gebid “net soos Salomo vir wysheid gedoen het” en het in sy gebed verwys na groot name in die Amerikaanse geskiedenis, George Washington, Abraham Lincoln en George Patton.
Oor Martin Luther het Trump sommer ook die nalatenskap van hierdie vegter vir gelyke burgerregte op homself van toepassing gemaak. “Ons sal sy droom bewaarheid.” Oomblikke later het hy aan sy toejuigende gehoor gesê dat "van nou af is daar net twee geslagte: manlik en vroulik."
Die seremonie het behoorlik gewemel van Amerikaanse burgerlike godsdiens. Selfs die musiek het jou laat voel jy sit in ʼn kerk met liedere soos die klavierweergawe van 'Groot is u getrouheid, o Heer' wat geëindig het met koorsang: 'Glory, glory, Hallelujah'.
Min van Trump se ondersteuners in Amerika sowel as hier wil egter herinner word aan sy onsedelike gesprek oor vroue met die televisiegasheer Billy Bush.
Trump en Bush was destyds op 'n bus op pad om 'n episode van Access Hollywood , 'n program wat deur NBCUniversal besit word, te verfilm . In die video het Trump sy poging om 'n getroude vrou te verlei beskryf en aangedui dat hy dalk 'n vrou sal begin soen wat hy en Bush op die punt staan om te ontmoet.
“I moved on her, and I failed. I'll admit it.
I did try and fuck her. She was married.
And I moved on her very heavily. In fact, I took her out furniture shopping. She wanted to get some furniture. I said, "I'll show you where they have some nice furniture." I took her out furniture—I moved on her like a bitch. But I couldn't get there. And she was married. Then all of a sudden I see her, she's now got the big phony tits and everything. She's totally changed her look.”
En later, met verwysing na Arianne Zucker (vir wie hulle gewag het om te ontmoet) sy gevleuelde woorde en wie sal dit ooit vergeet:
“Ek beter 'n paar Tic Tacs gebruik net vir ingeval ek haar begin soen. Jy weet ek is outomaties aangetrokke tot mooi - ek begin hulle net soen. Dit is soos 'n magneet. Soen net. Ek wag nie eers nie. En wanneer jy 'n ster is, laat hulle jou dit doen. Jy kan enigiets doen. Gryp hulle aan die poes. Jy kan enigiets doen.”
Trump het later 'n verskoningsvideo vrygestel, wat die opmerkings " kleedkamerpraatjies" genoem het.
En dit dames en here is die ware Donald Trump as hy nie ʼn skare mense voor hom het en vertel van sy konserwatiewe waardes en sy god nie. God work in mysterious ways né.
I rest my case vir eers oor Trump die man wat Amerika se verval wil keer en ʼn land wil maak wat almal sal respekteer. Ja wel no fine then. Good luck for him
Teken in om te kommentaar