Werksaam se eerste advertensie het die kol getref! Roelf Meyer se boekvrystelling in Menlyn se Exclusive Books was die gevolg.
Daar was heelwat mense, bekendes soos Chris Fismer en heerlike wyn om te geniet.Die gasvrou was Annelise Burgess wat ook medeskryfster het hom formeel as u Ekselensie ons Ambassedeur in die VSA voorgestel maar daarna oorgeslaan na Roelf,
Hy was gemaklik en het vertel van sy eerste ses jaar op die plaas waar hy soos 'n enkel kind gevoel met sy broer nege jaar ouer,Noodgedonge was sy enigste speelmaat die een plaaswerker se seun wat net so oud soos hy .'n ware Dawid en Jonatan situasie het ontwikkel tot hulle skool toe is en apartheid hulle vir ewig geskei het
Die rede vir die boek was om sy perspektief oor die onderhandelinge vir 'n nuwe bedeling vry te stel en leemtes te vul wat Mandela ,FW en Cyril in hulle memoirs beskryf het en so die kringloop te voltooi.
Vraetyd het heelwat pitkos opgelewer. Vir my was sy oorgang van sterk ondersteuner van apartheid tot die verwerping daarvan baie interessant.Hy het dit beskryf as 'n pragmatiese proses nadat hy besef het die land kan nie so voortgaan nie en later het hy 'n paradigma skuif ondergaan waar hy hart en siel ingekoop het in 'n Suid Afrika gebasseer op gelyke regte vir die indiwidu verskans in die grondwet teenoor groepsregte wat net verdeeldheid sal laat voortgaan.
Sy laaste opmerking oor ons toekoms is dat ons almal na die middelgrond moet streef waarheen ons goed oppad was totdat Zuma dit laat verbrokkel het en vandaar die aanslag vandag van regs en links om hierdie vakuum te vul.Sonder 'n sterk gematigde middelorde is chaos ons voorland. Nie net by ons nie maar oor die hele demokratiese wêreld.
Die aand was genotvol met heelwat pitkos.Ek is Roelf net een voor. Ek het die NP lank voor hom vaarwel toegeroep!
Teken in om te kommentaar