🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek
❤️ Samewerking Borg AvSA →
Terug na Tuis Alle artikels
Brugbouers

Brugbouers

'n Brug verbind twee punte met mekaar en is seker so oud soos die berge. Die oudste beskrywing van 'n brug is deur die geskiedskrywer Herodotus wat 'n brug oor die Euphraatrivier in Babilonië beskryf wat op klippilare gerus het en met houtstompe verbind is om die dek te vorm wat snags vir veiligheid verwyder kon word in die jaar 6000 voor die Gemeenskaplike Jaartelling (vCJ).

Vandag het die begrip verbreed en dui dit ook verbindings tussen mense, groepe kulture en volke via alle moontlike mediums in.

Opponente van die AvSA beskuldig ons dikwels dat ons net praat en niks doen nie. Dit is ver van die waarheid af.

Ons is medewerkers met die Betereinders en ons ondersteuners het self sokkerballe geborg. Van ons lede doen al jare lank wonderlike werk om brûe te bou en mense te help.

Tien jaar gelede het Ruda Landman en Murray Hoffmeyer met Carl Fisher, destyds bemarkingshoof van Capitec, vergader en hom gevra om hulle te help on 'n droom te ondersteun. Die droom was die Study Trust Mentor Programme vir eerstejaarstudente wat tot in daardie stadium met beperkte fondse baie goeie resultate behaal het. Van Schaik Publishing het reeds die WORD-dokument in 'n pragtig gedrukte boekie omskep, THE GRAD - Your guide to University. 'n Eenmalige skenking het hulle daartoe in staat gestel om 10000 boekies aan vier universiteite te verskaf, maar hulle wou alle universiteite bereik. Capitec het feitlik dadelik as borg toegetree en in 2017 is die 100000 kerf bereik wat na 18 universiteite versprei is. Teen 2025 is 250000 na 25 universiteite versprei.

Capitec het voorgestel dat finalejaarstudente ook betrek word en so is GradNext gebore. Tydens Covid 19 is minder GRAD-boekies versprei en die surplus is aan skole beskikbaar gestel, wat gelei het tot My Next/Wat's Volgende en op matrikulante gemik was.

Teen 2026 is 1 miljoen GRAD- en 250000 GradNext-eksemplare versprei.

Ongelukkig is Capitec se borgskap nou gestaak wat noodwendig lei tot verandering in denke en van 2027 sal die handleidings net aanlyn by www.grad.org.za beskikbaar wees. Almal word versoek om die boodskap so wyd moontlik te versprei. Die inhoud word ook opdateer. Waar internet nie geredelik beskikbaar is nie, is dit wel by universiteite in PDF-formaat beskikbaar om dit per WhatsApp te kan versprei. Daar is ook 'n nuusbrief, Thought Of The Week, beskikbaar.

Hierdie is maar een van vele brûe wat van ons lede bou en in stand hou.

Ons is brugbouers na almal sodat die hele land die vrugte kan pluk en weer plant.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗
🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek